SABBI
Tuis Programme Varieties Research News & Events Contact
 
English
 
Beter Gars,, Beter Bier > Overberg Agri Inligtingsdag
Beter Gars, Beter Bier
 
  Beter Gars, Beter Bier  
 
Oorsig
 
 
  Internasionale riglyne oor beste praktyk pasmaak om plaaslike garsboere te bemagtig  

SAB het onlangs 'n inisiatief saam met WWF-Suid-Afrika aangepak om 'n stel kriteria te ontwikkel wat daarop gemik is om garsboere te help om hul sterkpunte en leemtes aan die hand van 'n goed nagevorste stel beste praktyke rakende volhoubare landbou beter te verstaan. Dit staan bekend as die "Beter Gars, Beter Bier-inisiatief" en ons probeer daarmee internasionale riglyne oor beste praktyk pasmaak om plaaslike garsboere te bemagtig en te ondersteun met die oog op 'n meer volhoubare toekoms. Hierdie riglyne is ontwerp om boere te ondersteun om gars uit 'n ekonomiese, maatskaplike en omgewingsoogpunt op 'n meer volhoubare grondslag te verbou. Dit is van gemeenskaplike belang dat die ekonomiese bates van die boere uitgebou word terwyl die maatskaplike toestande en omgewingsintegriteit van die landskap terselfdertyd bevorder word. Die SAB streef daarna om die pad saam met ons boere te stap en saam met hulle te leer hoe om die reeds beduidende bydrae van garsboerdery tot die land, sy mense en die ekonomie te vergroot. Die "Beter Gars, Beter Bierinisiatief" is 'n langtermyn- en innoverende benadering om te verseker dat ons boere in 'n snelveranderende wêreld volhoubaar kan bly boer en ons verbruikers steeds bekostigbare bier van top-gehalte in die toekoms kan geniet.

Kliek hier om die Beter Gars, Beter Bier handleiding in pdf fprmaat af te laai. Kliek hier om die Beter Gars, Beter Bier ouditkontrolelys af te laai.

 

Download Kliek hier om die Beter Gars, Beter Bier handleiding in pdf fprmaat af te laai.
Download Kliek hier om die Beter Gars, Beter Bier ouditkontrolelys af te laai.
   
 
Kopiereg © 2009 SABBI
Alle regte voorbehou.
Ontwerp deur
Limbik
  Tuis
Verslae
Gidse
Kontak
  Die Program | Kultivars | Navorsing | Nuus & Sosiaal | Kontak
Verslag van die Lyn Evalusie Proewe 2010 | Verslag van die Lyn Evaluasie Proewe onder Besproeiing 2010 | Invloed van Swamdoders op Gars
Suid-Kaap Garskultivars 2011 | Riglyne vir die Produksie van Moutgars: Besproeiing | Riglyne vir die Produksie van Moutgars: Suid-Kaap
SABBI (c/o SAB Maltings) | Bredasdorp | Posbus 27, Caledon, 7230 | T +27 (0)28 212 2943 | F +27 (0)28 212 2913